Erica-kleuters se atletiektalent blom

Kleuters van Erica Pre-primêre Skool het hul spiere van staal en atletiese talent tydens die skool se onlangse atletiekbyeenkoms ten toon gestel. Die beroemde Erica Pom-Pom Meisies het die dag se gebeure saam met die skool se rasieleiers op die atletiekbaan van Hoërskool Pietersburg (PHS) geopen en toeskou­ers met hul vinding­ryke danspassies verstom. Die kleuters …

Kleuters van Erica Pre-primêre Skool het hul spiere van staal en atletiese talent tydens die skool se onlangse atletiekbyeenkoms ten toon gestel.
Die beroemde Erica Pom-Pom Meisies het die dag se gebeure saam met die skool se rasieleiers op die atletiekbaan van Hoërskool Pietersburg (PHS) geopen en toeskou­ers met hul vinding­ryke danspassies verstom.
Die kleuters het met oorgawe aan elke item deelgeneem terwyl toeskouers hul entoesiasties aangemoedig het.
‘n Boere­markdag is vir die eerste keer saam met die jaarlikse atletiekdag gehou en almal kon na hartelus tussen die stalletjies rondsnuffel. ‘n Verskeidenheid groente, vleis, tuisgebak en kunswerke was te koop.
Kleuters het ook voor die verrigtinge blik geskud om geld vir hulle skool in te samel en na die tyd ‘n kleurpretdraf, waar hulle deelnemers met verfpoeier kon gooi, saam met hul ouers geniet.

LEANDRI VAN SCHALKWYK
>>leandri.observer@gmail.com

Deané Fuchs nael wenpaal toe.
Ivan de Jager by plaasvarsgroente wat te koop was.
Aiden Prinsloo kan nie wag om die dag saam met sy onderwyser, Christine Jongbloed aan te pak nie.
Foto’s: Leandri van Schalkwyk
Viané Joubert en Luhan Olivier is van die dirigente van Erica Pre-primêre Skool wat gaste met hulle danspassies vermaak het.
Exit mobile version