Egpaar sê weer ‘ja’ na 61 jaar

Die Stokkiesdraaiklub van Vergeet My Nie Behuisingsentrum het onlangs ‘n kamma troue vir inwoners, Faan en Cecile Otto, gehou. Die ‘troue’ het in Martha Hofmeyr Tehuis-saal plaasgevind met selfs ‘n troukoek. Gaste het ‘n glasie op die egpaar wat hul 61ste huweliksherdenking gevier het, se geluk geklink en daarna is die braaivleisvure aangesteek en behoorlik …

Die komitee van die Stokkiesdraaiklub is Barbie Brits en Hettie Illingworth. Agter is Stienie Britz, Stella Jordaan, Sannie Roos, Martie Swart en Marthie Hattingh.

Die Stokkiesdraaiklub van Vergeet My Nie Behuisingsentrum het onlangs ‘n kamma troue vir inwoners, Faan en Cecile Otto, gehou.
Die ‘troue’ het in Martha Hofmeyr Tehuis-saal plaasgevind met selfs ‘n troukoek. Gaste het ‘n glasie op die egpaar wat hul 61ste huweliksherdenking gevier het, se geluk geklink en daarna is die braaivleisvure aangesteek en behoorlik makietie gehou.
Stokkiesdraaiklub se lede is almal inwo­ners van Vergeet My Nie Behuisingsentrum en die komitee reël gereeld byeenkomste waar inwoners kan saamkuier en ontspan. Hulle hou maandeliks ‘n straatpartytjie tussen die wooneenhede indien die weer dit toelaat.
Die Otto-egpaar het in Januarie by Vergeet My Nie ingetrek en vertel dat hulle reeds ‘n hegte band met ander inwoners gevorm het. Hulle het die klublede vir die spesiale partytjie bedank. “Ek het geweet ons het vriende hier, maar ek het nie geweet ons het sulke goeie vriende nie,” het Faan gesê.

Storie: LEANDRI VAN SCHALKWYK
>>leandri.observer@gmail.com

Hooffoto: Faan en Cecile Otto ‘trou’ weer om hul 61ste huweliksherdenking te vier.

Chris Knoesen sorg dat die vuur gereed is om braaivleis te braai.
Martie en Blackie Swart klink ‘n glasie wyn op die geluk van Faan en Cecile Otto.
Bestuurder van die SAVF, Dawie Lee sê hy het die Otto-egpaar se tweede bruilof by My Nie Behuisingsentrum baie geniet.
Exit mobile version