Bosveld NewsMunicipalNewsUpdate

Mookgophong krane wéér droog

Die inwoners sê hulle is raadop en sukkel nou al vir die laaste drie weke sonder geen of min water.

MOOKGOPHONG – Dit volg nadat dorp in Desember vir minstens 14 dae aaneen sonder water was.

Met die afskop van die bekende Hansieweek het Bosveld met die woordvoerder van die Mookgophong Munisipaliteit, Naththaly Thloaelo Dinsdagoggend (vandag) gepraat: “Die Tegniese Departement tesame met die bestuur is tans op pad na die Frikkie Geyeserdam om die probleem te eien. Ons het vandag water aan Hoërskool Hans Strijdom voorsien en ons beoog dat almal teen Vrydag water in hulle krane sal hê.  Die Mookgophong Munisipaliteit vra onverskoning vir al die inwoners wat hierdeur geraak word.”

 

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button