Local NewsNews

Musiek is in Paul J sy bloed

Paul Buitendag (21), beter bekend as Paul J, is 'n jong sanger wat deel is van die Rock Hard Music School se B Sharps-groep.

POLOKWANE – Hy het sy liefde vir sing tydens sy laerskooljare ontdek en sy eerste optrede was in 2008 by Laerskool Pietersburg.

Alhoewel hy hal ‘n geruime tyd sing, het hy eers middel verlede jaar by die Rock Hard Music School se B Sharps-groep aangesluit.

“Ek geniet dit om country en pop-musiek te sing en Theuns Jordaan is my grootste rolmodel. Dit is vir my ‘n groot eer om deel te wees van die B Sharps, alhoewel ek hulle aan die einde van die jaar gaan verlaat omdat ek na Kaapstad verhuis vir my werk. Ek hanteer assesseringseise vir herstelwerk by boukontrakteurs en verhuis nou na Kaapstad omdat die besigheid ‘n tak daar gaan oopmaak en hulle wil my graag daarheen stuur om sake te hanteer. Sing sal altyd my grootste passie wees en ek het onlangs my eie liedjies begin skryf waarvan ek twee ingestuur het om verwerk te word,” verduidelik hy.

Musiek- en sangtalent is volgens hom iets wat volop in hulle familie is omdat sy oupa baie musikaal was en nog ‘n bekende plaaslike sanger, Carla de Jager, is familie van hom.

“Dit is vir my ‘n groot eer om te weet my familie ondersteun my volkome met my passie en liefde vir sing,” sluit hy af.

VIA ROCK HARD MUSIC

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button