Bosveld NewsCrimeNews

Kleuterskool geroof: gemeenskap gevra vir speelgoed

Booswigte het Sondagaand by Trapklippies Kleuterskool op die hoek van Voor- en Van Heerdenstraat ingebreek.

MOKOPANE – Booswigte het Sondagaand by Trapklippies Kleuterskool op die hoek van Voor- en Van Heerdenstraat ingebreek.

Die eienaar van Trapklippies, Elize Jansen, vertel sy het om 17:30 ‘n oproep van inwoners in Van Heerdenstraat ontvang wat haar in kennis gestel het dat hulle verdagte mans oor die muur sien klim het met fietse en ander goedere.

“Die inwoners het op die mans geskreeu en toe slaan die verdagtes die hasepad in. Die inwoners het die verdagtes agterna gesit, maar die verdagtes het hulle ontwyk.” Jansen sê hulle het verskeie tuingereedskap en speelgoed langs die muur gekry, wat die booswigte van plan was om ook te buit.

“Die stoorkamer se deur was oopgebreek en ons het ‘n leer aan die binnekant van die muur gevind, wat die verdagtes gebruik het om oor te klim.”

Die omvang van die skade is nog nie bepaal nie, maar die verdagtes is weg met skopfietse, speelgoed en tuingereedskap.

Indien enige van Bosveld se lesers oor ou speelgoed beskik kan hulle dit by Trapklippies Kleuterskool gaan aflaai.

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

Related Articles

Back to top button