Red lewens dié Paasnaweek

Die SANBS doen ‘n beroep op die gemeenskap om bloed by Savannah Mall se Banking Mall te skenk om mee te help om lewens tydens die Paasseisoen te red. Weldoeners kan vandag (Donderdag) van 09:00 tot 17:00 en Saterdag van 09:00 tot 14:00 by dié bloedskenkkliniek aanmeld. Dottie Pinn, skakelbeampte van die SANBS sê dit …

Die SANBS doen ‘n beroep op die gemeenskap om bloed by Savannah Mall se Banking Mall te skenk om mee te help om lewens tydens die Paasseisoen te red.
Weldoeners kan vandag (Donderdag) van 09:00 tot 17:00 en Saterdag van 09:00 tot 14:00 by dié bloedskenkkliniek aanmeld.
Dottie Pinn, skakelbeampte van die SANBS sê dit is belangrik om tydens feesseisoene bloed te skenk omdat die verkeer op die paaie met rasse skrede toeneem en meer ongelukke plaasvind. Die SANBS moet dus meer bloed as gewoonlik voorsien. “Ons wil gereed wees vir die eise wat Paasnaweek op ons voorraad stel en bied daarom die skenker­geleentheid aan.”
Dit neem ‘n skenker ‘n halfuur om bloed te skenk en met slegs een eenheid bloed kan die skenker tot drie mense se lewens help red.
Skenkers moet tussen die ou­derdom van 16 en 65 jaar oud wees, meer as 50 kg weeg, gesond leef en ‘n veilige seksuele leefstyl handhaaf.

Foto by Leandri van Schalkwyk – Personeel van SANBS, Isaac Mo­tha­po neem spelenderwys Mod­jadji Mabilo se bloedddruk tydens een van vele bloedskenkklinieke wat die diens aanbied.

LEANDRI VAN SCHALKWYK
>>leandri.observer@gmail.com

Exit mobile version