Man sterf vermoedelik aan komplikasies na aanranding

Die 35-jarige, Paul Geldenhuys wat op 4 Maart glo deur ‘n groep mans by die Iron Crown Pub and Bistro in Haenertsburg aangerand is, het Dinsdag in die Polokwane Provinsiale Hospitaal beswyk; vermoedelik weens komplikasies van sy beserings. ‘n Familievriend het vanoggend (Donderdag) aan Polokwane Observer gesê Geldenhuys is deur ‘n groep jong mans aangerand …

Die 35-jarige, Paul Geldenhuys wat op 4 Maart glo deur ‘n groep mans by die Iron Crown Pub and Bistro in Haenertsburg aangerand is, het Dinsdag in die Polokwane Provinsiale Hospitaal beswyk; vermoedelik weens komplikasies van sy beserings.
‘n Familievriend het vanoggend (Donderdag) aan Polokwane Observer gesê Geldenhuys is deur ‘n groep jong mans aangerand en het na bewering ernstige beserings aan sy gesig en longe opgedoen.
“Hy is vir sy beserings behandel, maar ’n abses het blykbaar in sy beseerde kakebeen ontwikkel en hy is verlede Maandag in die hospitaal opgeneem waar hy Dinsdag vermoedelik weens dié komplikasie oorlede is,” sê die familievriend.
Die polisie ondersoek glo ‘n saak van aanranding, maar provinsiale polisiewoordvoerder, Ronel Otto kon dit nie bevestig nie.
Geldenhuys laat sy twee seuns, Brendan en Zander en ouers Ina en Soon Koen agter. Nog geen begrafnisreëlings is getref nie.

Hoof Foto: Paul Geldenhuys is Dinsdag in die Polokwane Provinsiale Hospitaal dood nadat hy op 4 Maart glo aangerand is.

RC Myburgh 

Exit mobile version