Local NewsNews

‘Ek los ‘n stukkie van my hart hier’, sê René

René Mouton (nee van der Merwe), die Bemarkingsbestuurder van Mall of the North, is 'n dag na haar 43ste verjaarsdag met haar man, Manus getrou.

POLOKWANE – René is al van dag een af deel van die Mall of the North-span en ‘n bekende gesig in die sentrum se gange. Sy is bekend daar voor dat sy nooit lank kan stilsit nie en dat sy altyd nuwe idees het.

“Ons sprokiestroue het op Bloubergstrand plaasgevind. Net ons hegde familie was daar – my seun en Manus se seun en dogter en sy kleinkind. Dit was die mooiste dag wat ons kon kies,” vertel sy.

Manus bly in Swartklip en die twee het besluit om hulle wortels uit die grond te trek en na Brits in die Noordwes te verhuis. Hier het René ‘n pos aanvaar as die Bemarkingsbestuurder by Brits Mall.

“Dit is hartseer om uit Polokwane te trek, ek los ‘n stukkie van my hart hier. Maar, nadat ek my hele lewe hier gebly het, is dit tyd vir ‘n verandering. Nuwe werk, nuwe huis en nuwe man,” skerts sy.

Sy handel nou slegs ‘n paar goed af by die mall voor sy aan die einde van die maand totsiens gaan sê aan Polokwane. Vir haar opvolger het sy die volgende aanhaling: “It is not that we think we are qualified to do things on our own. Our qualifications come from God. 2 Corinthians 3:5.”

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

Related Articles

Back to top button