Bosveld NewsNews

New York wink vir Marissa

Inwoners kan help om Marissa Kleynhans se droom te bewaarheid.

MOKOPANE – Die talentvolle Marissa Kleynhans (15), van Z’s Dance Studio, is verlede jaar tydens die Dance Awards SA plaaslike kampioenskappe gekies om die land in Junie in New York tydens die American Dance Awards te verteenwoordig.

“Marissa kon dans voordat sy kon loop,” vertel haar pa, Marius trots. Marissa het drie jaar terug by Z’s Dance Studio aangesluit en vandaar het die dansgogga haar behoorlik gebyt.

Vir Marissa om die land in New York te gaan verteenwoordig en haar droom te bewaarheid moet sy R40 000 insamel. “Ek is vreeslik trots op Marissa en daarom vra ek al Bosveld se lesers om ‘n bydrae te lewer tot die ongelooflike geleentheid wat kan lei tot ‘n blink toekoms vir haar,” sê Marius.

Lesers wat wil help om Marissa se droom te bewaarheid kan Marius kontak by 082 876 9649.

Related Articles

Back to top button