Editor's choiceLocal NewsNews

Bruno se Groot Kers Geskenk met Adriaan Venter

Bruno se avonture neem elke jong leser deur gebeurtenisse wat hulle hul lewe lank sal onthou. Laas week was Bruno gaan plaas toe. Hier volg die volgende storie in die reeks.

Bruno se avonture neem elke jong leser deur gebeurtenisse wat hulle hul lewe lank sal onthou.

Laas week was Bruno gaan plaas toe. Hier volg die volgende storie in die reeks.

 

Bruno se Groot Kers geskenk

Dis die middag van 24 Desember en in Bruno hulle se huisie is als in rep en roer, Mamma bak koekies en allerhande lekkernye in die kombuisie.

Bruno en sy sussue, Milady, se mondjies water behoorlik as hulle om die kombuis deur skelm loer om te sien wat maak mamma als, hulle mag glad nie in die kombuisie kom nie het Mamma al vroeg vanmore hulle gewaarsku. Hulle moet hulle kamers skoon maak en dan buite gaan speel!, was Mamma se woorde

Pappa is al voor son op woelig in die erf, hy het die blommetjies se tuin mooi skoon gemaak en die grondjies los gespit om die blommetjies se wortels kans te gee om beter te groei. Daarna het Pappa al die blombeddings water gegee en na hy dit gedoen het eers ontbyt ge-eet.

Na ontbyt is Pappa buite toe en het begin om die gras te sny , hy het die gesnyde gras in hopies gehark en Bruno en Milady het dit in sakke gegooi en op die motor se waentjie gelaai. Pappa het die sakke gaan weg gooi en toe hy terug kom vir Bruno en Milady elkeen ñ roomys gegee omdat hulle so hard gewerk het.

Later is Pappa op die stoep besig om die stof af te was en ook die tafel en stoele mooi skoon te maak wat op die stoep staan. Mamma het gesê Pappa ganie kos kry as dit nie skoon is nie, Bruno en Milady het lekker gelag toe Pappa speels sê maar dis nie mooi van Mamma nie.

Bruno gaan sit op die swaai wat aan ñ tak van die groot Akker boom vasgemaak is, hy trek sy voorkop op ñ frons so diep dink hy. Hy wonder wat hy vir Kersfees gaan kry, vroeg in die jaar het hy en sussie hul briefies wat hulle wil hê vir Mamma en Pappa gegee om vir Kersvader te pos. Sê nou Kersvader het nie hulle briefies gekry nie?, pla ñ klein stemmetjie hom.

Nee wat!, dink Bruno, Kersvader kry elke jaar sy briefies want nog elke keer kry Bruno wat hy voor vra. Hy gaan volgende jaar Graad 1 toe en het vir Kersvader gevra hy soek Groot Asseblief ñ rooi fiets vir kersfees dan hoef Mamma hom nie met die motor skool toe te vat nie. As hy die fiets kry gaan hy darm BAIE in sy noppies wees, dink net hoe vinnig gaan hy kan jaag?

Bruno weet nie hoe lank hy gesit en droom het oor die rooi fiets nie toe hy Mamma hom hoor roep, hy hardloop vinnig huistoe en Mamma sê as sussie klaar gebad het is dit sy beurt. Hy gaan kry sy slaap klere uit sy kas en as sussie uit die badkamer kom gaan bad hy gou.

“Bruno!!, jy moet gou maak seuntjie kossies is op die tafel!, roep Mamma as hy net klaar afgedroog en aangetrek het. Na ete help hy en sussie vir Mamma om die kombuis mooi skoon te maak, net voor 8 uur die aand sê hulle nag vir Mamma en Pappa en klim in hulle bedjies om te slaap.

Stadig maak Bruno sy ogies oop en knip-knip hulle 3 keer, hy lê al ñ hele paar minute wakker, hy sien dis daglig en Woeps spring hy uit die bed. Op sy toontjies loop hy sitkamer toe waar die Kersboom staan, Mamma hulle slaap nog so hy loop Baie saggies.

In die sitkamer sien hy ñ klomp geskenke onder die Kersboom, party klein en ander groter met helder geskenkpapier toegedraai. Hy soek deur al die geskenke en die met sy naam op haal hy uit, maar nêrens sien hy ñ fiets nie! Ag Nee!, dink hy hartseer, hy wou so graag ñ fiets gehad het.

Klop-klop hoor hy ñ sagte klop by die agterdeur, klink of iemand klop. Hy stap om die deur te gaan oopmaak, “Wie is daar?”, vra hy maar geen antwoord nie. Klop-klop hoor hy weer, hy maak die agterdeur oop en sy ogies rek van verbasing! Voor hom staan ñ rooi fiets en op die stuurwiel ñ kaartjie met sy naam op!

Opgewonde en met blink ogies spring hy in die fiets se saal! Hy wil net ñ draai of twee ry voor Mamma hulle wakker word en woerts trek hy weg al singende. Mamma en Pappa lê in die bed en giggel ” Gie , Gie” as hulle hom hoor sing en lag. Bruno weet nie Mamma en Pappa is lankal voor hom wakker nie.

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

Related Articles

Back to top button