Local NewsNews

[LUISTER] ‘Haasbekkie’ deur digter, Hennie Egen

Sy gedigte is in verskeie boeke gebuliseer en hy is ook angewys as wenner van die Afrikaansa Taal-kategorie. Lees meer oor hom...

 

Egen deels lewensverhaal

Sedert Hennie Egen ‘n jong seun nog op skool was, het hy daarvan gehou om te skryf.

Hy vertel dat dit al is wat hy sy hele lewe lank wou doen en dat hy op die ou einde so gelukkig was om as joernalis te begin werk.

Hy het eers net koerante en tydskrifte afgelewer en is later van tyd opgelei as joernalis. In 1959 het hy aansoek gedoen by die Noord-Transvaler en is hy as fotograaf en joernalis aangestel.

“Ek was tot 1983 in die koerantwese, eers as joernalis en daarna as nuusredakteur vir die Transvaler en redakteur vir die Letaba Laevelder. Ek was ook assistentredakteur vir die Growth Magazine.”

Hy vertel dat hy ook misdaad-verslaggewer was, maar dat hy later besef het dat dit ‘n negatiewe invloed op sy menswees het. ” Toe ek tussen lyke kon rondloop en rook asof dit nie ‘n ernstige ding was nie, het ek besef dat ek moet uitkom,” sê hy.

Vandag dig hy meestal en sy gedigte is in verskeie boeke gepubliseer. Hy is ook aangewys as wenner van die Afrikaanse Taal-kategorie nadat sy gedigte in die Die Genootskap vir die Handhawing van Afrikaans se Stemme uit die Suiderland gepubliseer is.

Van sy ander gedigte is 12 deur Mar-Leo Publiseerders gepubliseer.

“My gedigte handel meestal oor die verlange na die Bosveld en die Waterberg-area. Ek dig ook oor aktuele sake en heimwee. Ek toer baie en my inspirasie kom uit die feit dat ek net wil skryf.”

Hennie vertel hy is ‘n wewenaar met vier kinders en 11 kleinkinders.

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

Related Articles

 
Back to top button