Bosveld NewsNews

‘Coetzee sal gemis word’

'n Geliefde inwoner, Coetzee Prinsloo, is op 23 Februarie na 'n kort kankerstryd oorlede en sy gedenkdiens is Maandag, 29 Februarie, deur Dr Chris Harris in die NG Hulp en Hoop Gemeenskapskerk gehou.

MOKOPANE – Coetzee het saam met sy seuns hierdie eindste kerksentrum gebou en het ook ‘n hand in die bou van die gedenkmuur, waarin sy oorskot geplaas is, gehad. Die familie vertel dit is ironies dat twee van die hooffigure in die oprigting van hierdie gedenkmuur, naamlik wyle Fred Jooste en Coetzee, spottend daarna as die ‘asgate’ verwys het en vandag is albei se ‘as’ hier gebêre.

Coetzee was ‘n bekwame boukontrakteur wat sy vakmanskap by destydese Darling Calitz geleer het en hy is verantwoordelik vir die bou van verskeie bakens in Limpopo. Die Prins Park meenthuiskompleks is na Coetzee vernoem en was ook een van sy vele ontwikkelings. Hy het sy kennis aan sy seuns, Rodney en Hardus oorgedra en het hulle later deelgevorm van die gedugtespan van CGC Prinsloo Bouers. Coetzee het in 2006 uit die besigheid getree en homself kundig gemaak met die ontwerp en teken van bouplanne nadat hy op ‘n rype ouderdom geregistreer het as tekenaar.

Coetzee het ook ‘n besonderse liefde vir tegnologie gehad en het homself en ander altyd touwys gemaak rakende die nuutste selfoon, tablet of rekenaar. Hy was lief vir die buitelewe en ‘n kranige jagter en visserman.

Hy hy het ook ‘n groot liefde vir mooi voertuie gehad. Deur sy meelewing en ondersteuning van sy kinders se buitemuurse sport het hy diep spore getrap met sy dogter Avril se perdesport en vlieg, Rodney se vlieg en stoei asook met Hardus se motorfietsresies.

Coetzee en sy vrou het vir 59 jaar saam in die vreugde en liefde van ‘n huwelik gedeel. Hulle sou in Julie hulle 60ste huweliksherdenking gevier het. Coetzee laat ‘n groot leemte en sal gemis word deur sy vrou, kinders, agt kleinkinders en 11 agterkleinkinders.

Related Articles

Back to top button