Bosveld NewsNews

Kom skenk bloed saam Debtsafe, 24 Feb

Om bloed te skenk en so 'n bydrae te lewer aan die gemeenskap lê na aan die hart vir Hein en Linda du Plessis van Debtsafe Mokopane.

MOKOPANE – Hein gaan saam met 35 werkers van Debtsafe op Woensdag, 24 Februarie, die Bloedbank in die Mokopane Mall besoek om bloed te skenk.

“Ons doen ‘n beroep op die gemeenskap om ook hier hulle kant te kom bring,” Hein en Linda du Plessis.

Linda vertel sy en Hein, Besturende Direkteur van Debtsafe, het die belangrikheid van bloedskenk besef nadat hulle “aanneemkind” Portia Mtsweni in 2012 met kanker gediagnoseer is.

Portia, wie verlede jaar aan Hoërskool Piet Potgieter gematrikuleer het, studeer vanjaar in Pretoria om haar droom om in die toerismebedryf te werk te verwesenlik.

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

 

Related Articles

Back to top button