Bosveld NewsNews

Kalahari Uitreik ‘n treffer

Die Volle Evangelie Kerk in Mokopane het meer as 10 jaar terug die Kalahari Uitreik begin en van daar af is dit 'n jaarlikse instelling waar hulle meer as 200 huishoudings bederf met kospakkies en speelgoed vir die kinders.

MOKOPANE – Die Volle Evangelie Kerk in Mokopane het meer as 10 jaar terug die Kalahari Uitreik begin en van daar af is dit ‘n jaarlikse instelling waar hulle meer as 200 huishoudings bederf met kospakkies en speelgoed vir die kinders.

Hulle bekoor ook die gemeenskap met boeiende opvoerings waarin hulle die Woord van God verkondig.

Meer as 20 mense het van 28 November tot 6 Desember die Kalahari saam plat getoer en die Woord versprei.

“Dit is ‘n lewens-veranderende uitreik waar jy swaarkry daagliks in die oë staar en dankbaarheid jou gegrond hou. Ons word hartlik ontvang deur elke gemeenskap en hulle opregte dankbaarheid is aangrypend. Om te gee is waarlik die grootste geskenk,” vertel die groep.

Die Volle Evangelie Kerk bedank die volgende borge vir hulle bydrae: BB Auto Diesel, Phillip Kempen, Bearing Man, Blue Chip, Bolt & Engineering Distributors, Build-It Mokopane, Carco & Container, Concor, D & H Phalaborwa, Ditjies & Daaitjies, Dynalift, Elbar Bande, Fire-Quip, Gapola Meetse, Geardiff Phalaborwa, Gen-Sol, H M Plant Hire, Ipex Petroleum, Kingdom Milling, Makaplan Courier Service, Midas Far North, Nedan Oil, North West Recycling, NTVL Funerals & Coffins CC, Oil Comp Polokwane, Piet Stickers, Pieter de Beer Prokureurs, Platistone, PTK Vulstasie, Riaan Ross, Seal Systems Jhb, Shalom, Theunissen Group & Companies, Venus Car Wash en Walkie Kruger.

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

Related Articles

Back to top button