Editor's noteLocal NewsNews

MIlan Moon, dié jong sanger het groot drome vir die toekoms

Deesdae tree sy by verskeie geleenthede op, onder andere die Mev. Polokwane Gala-aand, basaars en selfs Eeufeeshuis se jaareindfunksie.

POLOKWANE – Milan Moon, oftewel Mischa Becker, is ‘n 15-jarige Hoërskool Pietersburg (PHS) leerder wat besluit het om haar ouma se liefde vir musiek verder te neem en ‘n sangeres te word.

Deesdae tree sy by verskeie geleenthede op, onder andere die Mev. Polokwane Gala-aand, basaars en selfs Eeufeeshuis se jaareindfunksie.

Review het met haar gesels en meer oor haar lewe en liefde vir musiek uitgevind

Milan sê sy was reeds van gr. 6 af by Jean Pierre Duvenage se Rock Hard Music School.

“My ouma kon klavier speel en my ma het in die koor gesing. Ek het ook in die koor gesing, maar verkies om eerder alleen te sing en my eie ding te doen.”

Een van haar gunsteling liedjies is The Story en sy vertel trots dat dit ook ‘n liedjie is wat gereeld op Coastal Radio en All Time Radio gespeel word.

Sy vertel met ‘n glinster in haar oë dat sy eendag graag ‘n voorskou vir Christina Perri wil doen.

As stokperdjie speel sy Ultimate Frisbee en het sy ook korfbal gespeel.

Na skool wil sy graag meer aandag aan haar musiekloopbaan bestee. Sy skryf tans haar eie musiek en is reeds geregistreer by Die Opname Industrie van Suid-Afrika (RiSA).

“Dit neem my ‘n paar dae om ‘n liedjie te skryf. Die liefde en plaaslewe is my inspirasie.”

Voor Skouspel in Augustus aanbreek wil sy graag nog een liedjie skryf.

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

Related Articles

Back to top button