Editor's choiceLocal NewsNewsUpdate

OPVOLG: Oom Eli baie positief sê seun

Vroeg in November het Review berig van Oom Eli Ströh (78) wat met limfoomkanker fase 4 plus velkarsinoom gediagnoseer is.

POLOKWANE – Vroeg in November het Review berig van Oom Eli Ströh (78) wat met limfoomkanker fase 4 plus velkarsinoom gediagnoseer is.

Oom Eli, ‘n geliefde inwoner van die was in die Little Company of Mary Hospitaal in Pretoria se Mary Potter Kankereenheid in Groenkloof waar hy sy eerste reeks chemoterapie ondergaan het.

Oom Eli het op Donderdag, 29 Oktober ‘n groot operasie ondergaan toe die karsinoom aan die kant van sy kop verwyder is. Die operasie het bykans 10 ure geduur.

Review het Maandag met Oom Eli se seun, Eli gesels om te hoor hoe dit nou met hom gaan.

“My pa is nog baie siek en word steeds behandel, maar dit gaan al beter. Dit gaan elke dag beter. Sy bloedtelling is op en alles lyk goed.”

Eli vertel dat sy pa baie positief is en dat hy hard veg om beterskap.

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

Related Articles

Back to top button