Editor's choiceLocal NewsNews

Staan vrou by wat krokodil troef

Kelly Trauernicht, 'n ma van Phalaborwa, was Sondag in 'n ernstige worsteling met 'n krokodil betrokke.

POLOKWANE – Kelly Trauernicht, ‘n ma van Phalaborwa, was Sondag in ‘n ernstige worsteling met ‘n krokodil betrokke. Kelly, haar man, Dawie en hul seun Dawid (12), het visgevang in die Ga-Selatirivier toe die krokodil haar gryp.

“Dawie was in die water om ‘n baber wat vasgesit het, los te kry toe ek nader beweeg het met ‘n visstokpen om te help. Die volgende oomblik het die krokodil opgespring en my gegryp. Ek kon nie regtig aan iets dink behalwe dat dit my einde is nie,” vertel Kelly vanuit haar hospitaalbed by die Pietersburg Provinsiale Hospitaal. “Dit was ongelooflike pyn wat ek nie kan beskryf nie.”

Dawie vertel hy het onmiddellik reageer deur die krokodil by te dam. “Ek het sy oë met my vuiste probeer bars. Later het ek ‘n visstokpen in sy rug gedruk. Dit het veroorsaak dat hy begin tol het.”

Gelukkig het Kelly die krokodil om die nek gegryp en dus saam met hom getol in plaas van in die teenoorgestelde rigting. Sy vertel dat sy self ook hom geslaan het en terugbaklei het.

“Dit was met Jesus se krag dat ons dit oorleef het,” vertel Dawie.

“Daar was mense aan die oorkant van die rivier wat na ons toe probeer kom het, maar daar was baie hindernisse. In ‘n stadium het hulle darem tot by die tweede pilaar van die bed gekom. Kelly en die krokodil het weer onder die water in verdwyn en toe hulle dié keer op kom boontoe, toe is dit asof hulle hoêr uit die water is as die vorige kere.

Skielik was dit asof ‘n bonatuurlike krag hulle na die drie mans gestoot het waar die mans vir Kelly kon red, vertel hy. “Twee van hulle het haar gehelp en die derde een het nog teen die krokodil baklei.”

Kelly vertel dat behalwe vir haar hele lyf wat vol wonde en kneusplekke is, het haar regterarm en regtersy ernstige wonde opgedoen. Haar lewer het seergekry en sy het twee ribbes gebreek. Ook haar longe het skade opgedoen.

“Ek moet in die hospitaal bly totdat die dokters tevrede is. Ons behoort nie aan ‘n mediese fonds nie, en sal hulp waardeer. Dit kan weke duur.”

Dawie moet Sondag terug na Phalaborwa sodat Dawid Maandag kan teruggaan skool toe. Dawie koop en verkoop motors terwyl Kelly koerante versprei.

“Hoe los ek my vrou net so hier,” het Dawie moedeloos gevra.

As jy finansieel wil help, hier is die bankbesonderhede:

Bank: Capitec (Spaarrekening)

Rekeningnommer: 138 137 2986

Rekeninghouer: Dawie Trauernicht

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

Related Articles

Back to top button