HPP top onnies, matrieks van 2015

MOKOPANE – Die onderwysers van Hoërskool Piet Potgieter (HPP) wat vir uitstekende uitslae in hulle vakgebied gesorg het in die 2015 matriekeksamen, is verlede Vrydag met toekennings beloon tydens die Area Akademiese Prysuitdeling wat by Waterberg High School plaasgevind het. Die onderwysers wat toekennings ontvang het, is: Wiskunde – Erndina Viljoen, Carina Vorster en Lientjie …

MOKOPANE – Die onderwysers van Hoërskool Piet Potgieter (HPP) wat vir uitstekende uitslae in hulle vakgebied gesorg het in die 2015 matriekeksamen, is verlede Vrydag met toekennings beloon tydens die Area Akademiese Prysuitdeling wat by Waterberg High School plaasgevind het.

Die onderwysers wat toekennings ontvang het, is:

Wiskunde – Erndina Viljoen, Carina Vorster en Lientjie Venter met ‘n 96% slaagsyfer.

Wiskunde geletterdheid – James Steele en Stephanie van Vuuren met ‘n 100% slaagsyfer.

Besigheidstudie – Hannes du Bruyn met ‘n 83% slaagsyfer.

Afrikaans eerste addisionele taal – Rienie Dekker met ‘n 100% slaagsyfer.

Geskiedenis – Helena Broodryk met ‘n 98% slaagsyfer.

Drie van die skool se gr. 12-leerders is deel van die top vyf uitblinkers. Hulle is:

Masejeng Leso – 84% (6 onderskeidings).

Gajan Devandran – 81% (4 onderskeidings).

Gideon van der Walt – 77% (3 onderskeidings).

Gr. 12- leerders wat beloon is vir hulle goeie prestasies:

Sepedi huistaal – Masejeng Leso (84%)

Engels eerste addisionele taal – Masejeng Leso (85%)

Lewensoriëntering – Gideon van der Walt (95%)

Wiskunde geletterdheid – Leandri Kruger (86%)

Besigheidstudie – Rally Somo (82%)

Lewenswetenskap – Masejeng Leso (81%)

Anria Kruger het ‘n toekenning ontvang as die beste leerder in wiskunde gr. 9 en Carmen du Toit vir die beste leerder in Engels.

redakteur.bosvelder@nmgroup.co.za

Exit mobile version