Local NewsNews

Pensioenaris koop en verkoop om ‘n lewe te maak

"Lietjies kos R20 'n sakkie en die uie R10 'n sakkie. Die mielies kos R7 een."

POLOKWANE – Aan die einde van verlede jaar het mense wat gereeld in Potgieterlaan ry ‘n groenteverkoper langs die pad, reg oorkant Hoër Tegniese Skool Tom Naudé opgemerk.

Die man is elke dag getrou op sy pos waar hy mielies, lietsjies en uie verkoop.

Review het met hom gaan gesels en meer geleer oor wie hy is en waar hy vandaan kom

“My naam is Pieter Wagner en ek het in November 79 geword,” vertel hy waar hy onder sy rooi sambreel sit. “Dinge wat in my lewe gebeur het en ek wat ‘n swak bestuurder van my bates was, het my genoop om nou maar hierdie groente te koop en weer te verkoop.”

Oom Pieter vertel dat hy en sy vrou in Dalmada bly en dat al hulle pensioengeld in hul huis ingaan vir huur en elektrisiteit en dat hy vinnig ‘n plan moes maak om iets ekstra te verdien.

“My vrou is baie siek en kan nie help nie. Ek het wel drie kinders, maar hulle sukkel self. Ek kry die uie en litchies in Tzaneen en die mielies koop ek plaaslik.”

Oom Pieter vertel dat die lietjies R20 ‘n sakkie kos en die uie R10 ‘n sakkie. Die mielies kos R7 een.

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

Related Articles

Back to top button