Local NewsNewsUpdate

OPVOLG: ‘dis ‘n wonderwerk’ – Mark Markgraaf

"Ek is Dinsdag agt weke uit die hospitaal en het verlede week weer my eerste Bybelstudie aangebied," sê geliefde inwoner Mark Markgraaf.

POLOKWANE – “Ek is Dinsdag agt weke uit die hospitaal en het verlede week weer my eerste Bybelstudie aangebied,” sê geliefde inwoner Mark Markgraaf.

In Desember is berig dat Markgraaff ‘n operasie moes ondergaan om ‘n gewas van sy brein te verwyder.

Markgraaf praat met Review na die operasie

“Ek was die eerste 10 of 12 dae in die hospitaal baie deurmekaar en het nie geweet wie ek is nie. Ek het ook nie geweet wie vir my kom kuier nie. Toe ek huis toe gaan het ek net een begeerte in my hart gehad en dit is dat die Here my moet help sodat ek weer kan onthou. Elke dag het dit beter en beter gegaan en ek kon almal onthou,” vertel Mark.

” Ek was bang ek hakkel en val oor my woorde, maar die Here het my so geseën dat ek vlot gepraat het. My hare groei ook weer terug en ek is diep dankbaar oor die wonderwerk.”

 

Lees meer:

Geliefde inwoner herstel goed na operasie

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button