Wêreldnuus is Reon se kos

Oor tien jaar wil Reon van der Merwe nagraadse kwalifikasies in politieke wetenskap of ekonomie agter sy naam hê en by ‘n wêreldorganisasie soos die Verenigde Nasies of plaaslik by ‘n nie-regeringsorganisasie help om beleid te formuleer en menseregtekwessies te pak of selfs op dié terrein navorsing vir ‘n universiteit doen. Hy het pas sy …

Oor tien jaar wil Reon van der Merwe nagraadse kwalifikasies in politieke wetenskap of ekonomie agter sy naam hê en by ‘n wêreldorganisasie soos die Verenigde Nasies of plaaslik by ‘n nie-regeringsorganisasie help om beleid te formuleer en menseregtekwessies te pak of selfs op dié terrein navorsing vir ‘n universiteit doen.
Hy het pas sy eerstejaarstu-dies aan die Universiteit van Kaapstad voltooi nadat hy die vorige jaar matriek met drie onderskeidings aan die Hoër Tegniese Skool Tom Naudé voltooi het.
“Ek het juis gekies om tydelik ‘n Kape-naar te word omdat ek uit my gemaksone wou kom en het op dié studierigting besluit omdat ek die wêreld beter wil verstaan en verskillende perspektiewe en oortuigings van mense, sowel as wêreldnuus, my interesseer. My toekomsvisie het in net twaalf maande soveel gegroei en ‘n nuwe wêreld het vir my oopgegaan. Vir die regses is ek nou te links en vir die linkses is ek te regs,” meen Van der Merwe wat in sy element is as hy met mense met verskillende politieke- en geloofsoortui-gings kan redeneer.
Vroeg in 2015 het hy by die universiteits-tak van United Nations Association of South Africa (Unasa) aangesluit wat jaarliks landwyd konferensies hou waartydens jy ‘n land moet verteenwoordig en dan vanuit dié land se situasie jou standpunt stel en brandende kwessies aanspreek sowel as uitkomste aanbeveel.
Van der Merwe kan nie wag om in Maart vir twee weke deel van die universiteits-afvaardiging van nege studente van die Universiteit van Kaapstad te wees wat die Harvard World Model United Nations in Rome bywoon nie. Wêreldkwessies soos die groeiende immigrantekrisis en aardverwar-ming sal onder die soeklig kom. Een van vele hoogtepunte sal die pous se toespraak wees.
Sy raad aan voornemende eerstejaarstudente is om seker te maak jy studeer in ‘n rigting wat binne jou belangstellingsveld val, navorsing oor beroepe te doen en aanleg- sowel as persoonlikheidstoetse af te lê. “Moenie skaam wees om aan die begin van jou akademiese jaar by kurrikulumadviseurs aan te klop en binne die eerste paar weke te verander as jy onseker van jou keuse is nie.”

Storie: ELNA ESTERHUYSEN
>>observer.elna@gmail.com

Foto: Reon van der Merwe, oud-Tommie en tweedejaarstudent in politieke wetenskap en ekonomie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version