Chané is gereed om die mediese wêreld te betree

Haar raad aan hierdie jaar se gr. 12-leerders is om moed te hou en te onthou hulle krag kom van bo.

POLOKWANE – Vir Chané Burger, ‘n leerder van Hoërskool Pietersburg (PHS) wat onlangs haar 2015 matriekuitslae gekry het, is daar min woorde wat kan beskryf hoe sy voel om een van die top leerders van dié skool te wees.

Chané het sewe onderskeidings behaal en spog met 88% vir Afrikaans, 84% vir Engels, 94% vir wiskunde, 93% vir lewensoriëntering, 93% vir rekeningkunde, 88% vir lewenswetenskap en 87% vir fisiese wetenskap.

Met haar gemiddeld van 89,5% voel Chané baie bevoorreg en dankbaar om een van die top drie leerders van PHS te wees.

“Ek beplan om hierdie jaar medies te studeer, ek gaan nie eers ‘n pouse vat soos ander leerders nie,” sê sy.

Wanneer Chané nie hard aan die leer is nie spandeer sy graag tyd aan lees en dans. Sy vertel dat PHS haar baie geleer het, maar veral tydsbestuur en hoe om te prioritiseer, iets wat sy ook in die toekoms gaan toepas.

Haar raad aan hierdie jaar se gr. 12-leerders is om moed te hou en te onthou hulle krag kom van bo.

“Gr. 12 is definitief ‘n moeilike jaar. Werk hard vanaf dag een en onthou dat jy die vrugte van jou harde werk aan die einde sal pluk,” bemoedig sy.

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
Exit mobile version