NewsSchools

Chané Prinsloo – PHS se top 2015 matriekleerder oppad universiteit toe

Chané skryf haar sukses daaraan toe dat sy baie goed kan prioritiseer en 'n balans kan handhaaf tussen skool en sport maar steeds akademie eerste stel.

POLOKWANE – Na die 2015 matriekuitslae spog Chané Prinsloo met die hoogste prestasie by Hoërskool Pietersburg (PHS).

Sy het 89% vir Afrikaans, 99% vir Engels, 98% vir wiskunde, 93% vir lewensoriëntering, 95% vir ekonomie, 89% vir internet tegnologie, 91% vir natuurwetenskap, 92% vir addisionele wiskunde en ‘n gemiddeld van 91,6% behaal tydens verlede jaar se eindeksamen.

Chané skryf haar sukses daaraan toe dat sy baie goed kan prioritiseer en ‘n balans kan handhaaf tussen skool en sport maar steeds akademie eerste stel.

Sy het ook ‘n wonderlike ondersteuningsnetwerk van familie en vriende gehad wat die leerproses verder vergemaklik het. “My raad is om van die begin af hard te werk en pligsgetrou huiswerk te doen. Dit is baie belangrik om nie agter te raak nie, en indien jy doen dadelik ‘n onderwyser vir hulp te vra.

Prioritisering is ook baie belangrik, dit is nodig om by sosiale- en sportaktiwiteite ook uit te kom, maar akademie is die belangrikste.

“Maak ook seker jy het ‘n sterk ondersteuningsnetwerk, soos jou ouers of vriende, en dat jy enige tyd op hulle kan steun,” vertel sy.

Chané sê wanneer sy nie hard leer nie is sy besig met stokperdjies wat lees en selfdoenprojekte insluit.

Haar plan is om in 2016 elektroniese ingenieurswese te studeer by die Universiteit van Pretoria.

“Ek gaan in die Magrietjie koshuis bly. Ek sal graag wil deelneem aan soveel koshuisaktiwiteite moontlik. Ek het ook ‘n kontrak om by Hoërskool Menlopark hokkie af te rig.”

Chané sê die les wat sy by PHS geleer het is dat harde werk altyd beloon sal word en dit is iets wat haar altyd sal bybly.

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

Related Articles

Back to top button