Oud HPP-leerder sterf in kop-aan-kop botsing

'n Jong man wat verlede jaar aan Hoërskool Piet Potgieter gematrikuleer het, is verlede Woensdagaand, 9 Desember, dood na 'n kop aan-kop-botsing in Pretoria.

MOKOPANE – ‘n Jong man wat verlede jaar aan Hoërskool Piet Potgieter gematrikuleer het, is verlede Woensdagaand, 9 Desember, dood na ‘n kop aan-kop-botsing in Pretoria.

Migael van Dyk (18), ‘n vakleerling-werktuigkundige, is oorlede nadat sy motorfiets teen ‘n aankomende motor gebots het. Willem (19), Migael se broer, vertel hy was van kleintyd lief vir motorfietse. Migael het sy vakleerlingskap by Honda in Menlyn, Pretoria gedoen. Die ongeluk het kort na sewe die aand by ‘n vernouing van bane gebeur en Migael het probeer uitgeswaai toe sy motorfiets teen ‘n aankomende motor bots. Hy is opslag dood.

Migael word Vrydag, 18 Desember, om 10:00 vanuit die NG Kerk Swartwater begrawe. Almal is welkom om die huldeblykdiens by te woon. Hy laat sy ouers, Willem en Teresa, asook sy broer agter. Vir navrae kan sy broer, Willem, by 071 1398582 gekontak word.

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
Exit mobile version