Polisie trap vas tydens feesseisoen

Meer as 3 000 verdagtes is sedert die begin van Oktober tydens verskeie polisie-operasies vir ‘n verskeidenheid misdade gearresteer. Provinsiale polisiewoordvoerder, Ronel Otto sê die misdade sluit moord, poging tot moord, aanranding, huisbraak en diefstal in. Verlede Vrydag het die polisie die middestad as deel van Operasie Feesseisoen Fiela ingevaar waar strate afgesper is. “Ons …

Meer as 3 000 verdagtes is sedert die begin van Oktober tydens verskeie polisie-operasies vir ‘n verskeidenheid misdade gearresteer.
Provinsiale polisiewoordvoerder, Ronel Otto sê die misdade sluit moord, poging tot moord, aanranding, huisbraak en diefstal in.
Verlede Vrydag het die polisie die middestad as deel van Operasie Feesseisoen Fiela ingevaar waar strate afgesper is. “Ons het op vervalste items, onwettige immigrante, tavernes en gesoekte verdagtes gefokus. Lede van die departement van binnelandse sake, gesondheid en vervoer was ook deel van die operasie en verskeie arrestasies is gemaak,” sê Otto.
Sy het gewaarsku dat sulke operasies byna op ‘n daaglikse basis oor die feesseisoen sal plaasvind.
“Die polisie sal saam met ander departemente en wetstoepassers nie net op Polokwane fokus nie, maar dorpe regoor die provinsie teiken. Benewens operasies sal gereelde padblokkades ook gehou word,” sê Otto.

RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Exit mobile version