Angs, opgewondenheid vir groot skool

Review het met die kleuters gaan gesels om te hoor of hulle gereed voel vir die groot skool en waarna hulle die meeste uitsien.

POLOKWANE – Daar is ‘n mengsel van angs en opgewondenheid soos die kleuters van Werk en Wen Kleuterskool regmaak om volgende jaar gr. R by die “groot skool” aan te durf.

Review het met die kleuters gaan gesels om te hoor of hulle gereed voel vir die groot skool en waarna hulle die meeste uitsien.

Dewet Wilken.

Dewet Wilken bars amper uit sy nate van opgewondenheid, hy sê hy kan nie wag om saam met sy nuwe maatjies te teken en te speel nie.

Pieter Miller.

Om te leer skryf en lees is die grootste trekpleisters vir Pieter Miller en hy kan ook nie meer wag om groot skool toe te gaan nie.

Ethan Frylinck.

Ethan Frylinck klink minder opgewonde oor die nuwe uitdaging.

“Ek hou nie baie van leer nie, en wil graag in my klassie by my maatjies bly, maar ek is opgewonde dat ek nuwe maatjies gaan maak by die groot skool,” glimlag hy.

Kaylee van Niekerk.

Die groot skool en al die nuwe maatjies kan nogals intimiderend wees en dit is een van Kaylee van Niekerk se grootste bekommernisse.

Dié vrese word wel getroef deur die feit dat sy uitsien daarna om te leer lees en skryf.

Nicky Small.

Nicky Small kan nie wag om nuwe maatjies te maak by die groot skool nie.

“Ek weet hoe lyk die groot skool, dit is baie mooi. Daar is blou hekke en ‘n klomp maatjies wat baie lekker speel. Ek kan nie wag om saam met hulle te speel nie,” vertel Wiané van der Walt opgewonde.

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version