Local NewsNews

Plante is Adrienne se groot passie

In die tuinbou-gemeenskap is Adrienne de Wit ‘n welbekende en geliefde gesig.

POLOKWANE – In die tuinbou-gemeenskap is Adrienne de Wit ‘n welbekende en geliefde gesig.

Adrienne het onlangs van die bestuur van die Pietersburg Tuinbouklub bedank nadat sy vir 20 jaar daarvan deel was.

“Ek is steeds lid van die tuinbouklub, maar ek dien net nie meer op die bestuur nie. Ek sal altyd deel wees van die klub.”

Adrienne het in Polokwane grootgeword, maar is na skool na Pretoria om tuinboukunde te studeer. Later het sy en haar gesin na Klerksdorp verhuis waar sy ‘n kwekery begin het. In 1994 het sy teruggekeer Polokwane toe.

“Die plantegroei verskil van streek tot streek. Nadat ons teruggekom het na Polokwane, het ek by Sterkloop gewerk vir ‘n tyd. Toe begin ek my eie tuindienste en landskapbesigheid. Ek het in ‘n stadium 50 tuine ‘n dag gehad om te versorg.”

Adrienne is getroud met Fred en in 2000 het hulle Roamer Rand Canopies begin. Sy het drie kinders en vertel sy is ‘n katmens. “Ek hou van ander diere ook, maar verkies katte en selfs visse.”

Sy vertel dat haar vrye tyd bestaan uit tuinmaak en lees. “Ek is lief vir orgidees en hou daarvan om plante uit te plant. My tuin by die huis in Magoebaskloof is vol proteas. Ek wil graag meer tyd daar spandeer.”

Sy is ook deel van die Helpmekaar Blommeklub.

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

Related Articles

Back to top button