Local NewsNews

Broers sterk goed aan na onlangse motorongeluk

Twee broers van PHS, Enoch(15) en Esselen (17) Deetlefs sterk tans aan nadat beide verskeie beserings opgedoen het tydens 'n motorongeluk onlangs in Krugersdorp.

POLOKWANE -Twee broers van PHS, Enoch(15) en Esselen (17) Deetlefs sterk tans aan nadat beide verskeie beserings opgedoen het tydens ‘n motorongeluk onlangs in Krugersdorp.

Volgens hul ma, Elouise Deetlefs, het die seuns saam met hulle pa en ‘n vriend in die gesin se motor om ‘n draai gery toe die remme faal, en die motor teen ‘n muur tot stilstand gekom het.

Al die insittendes het beserings in die voorval opgedoen.

Enoch se rug is op drie plekke gebreek en hy gaan vir drie maande n rugstut moet dra, maar ondanks sy beserings is hy dankbaar dat hy steeds die gebruik van sy bene het. Sy broer Esselen, ‘n kranige sportman, het harsingskudding opgedoen maar is ook reeds uit die hospitaal ontslaan.

Volgens sy ma het hy ‘n sny bo sy oog en blou kolle op sy arms opgedoen. Die mans is slegs vir ligte beserings behandel.

Elouise sê die seuns sal reeds vandeeswees terug in Polokwane wees.

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

Related Articles

Back to top button