Editor's noteLocal NewsNews

Geliefde inwoner herstel goed na operasie

Bekende en geliefde inwoner van die stad, Mark Markgraaff, het verlede Dinsdag (24 November) 'n operasie ondergaan om 'n gewas van sy brein te verwyder.

POLOKWANE – Mark Markgraaff, het verlede Dinsdag (24 November) ‘n operasie ondergaan om ‘n gewas van sy brein te verwyder.

Mark is die voorsitter van die Polokwane Kinder- en Gesinsorgvereniging en was die senior beoordelaar van die English Debating Society. Hy is ook betrokke by Haven of Hope wat verkragting-slagoffers bystaan.

“My pa het so twee of drie weke gelede by die kerk flou geword en die dokter het aanbeveel dat hy vir ‘n magnetiese resonansbeelding (MRI) gaan. Tydens die prosedure is gevind dat hy ‘n gewas op sy brein het,” vertel Dirk Markgraaff, Mark se seun.

“Ek weet nie mooi waarom die dokter hom dadelik vir ‘n MRI gestuur het nie, maar ek is bly hy het. Die operasie het sowat vyf ure geduur.”

Mark was teen Vrydag nog in die intensiewesorgeenheid en is Saterdag na die hoësorg-eenheid geskuif. Hy wou verlede Donderdag en Vrydag glad nie praat nie, maar kon Saterdag darem twee sinne sê. “My pa is ‘n gesonde mens. Hy besoek die gimnasium elke dag en het nooit gekla oor hoofpyn of hoë bloeddruk nie. Die dokter sê dat daar 1% kans is dat die gewas, wat 22x25x18 mm groot was, kwaadaardig sal wees en ‘n 3% kans dat dit kan teruggroei.”

Hy is getroud met Luque en hulle het drie kinders, nege kleinkinders en ‘n agterkleinseun.

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

Related Articles

Back to top button