Local NewsNews

Hartseer 2 weke na Elrien se mooiste dag

Skaars twee weke na hul troudag moet Pieter van Wyk afskeid neem van sy vrou, Elrien.

POLOKWANE – Skaars twee weke na die mooiste dag in hul lewens moet Pieter van Wyk afskeid neem van sy vrou, Elrien, ‘n geliefde inwoner van die stad, nadat sy Saterdag in ‘n hospitaal in Bethlehem gesterf het.

Die Van Wyk-egpaar was op hul wittebrood toe Elrien skielik siekgeword het, en in die hospitaal se intensiewesorgeenheid opgeneem is waar sy later met pankreatitis gediagnoseer is.

Dae later het haar toestand verbeter en is sy na ‘n gewone saal oorgeplaas, maar Elrien het Vrydagaand ‘n terugslag beleef en is kort voor 10:00 Saterdagoggend oorlede.

By navraag het Pieter Review verwys na Drienie Venter, ‘n vriendin van die egpaar.

“Pieter en Elrien het mekaar op 14 Februarie ontmoet en het op 14 November getrou. Haar dood was skielik.

“Ons gaan haar ontsettend baie mis,” vertel Drienie.

Elrien was vir 11 jaar verbonde aan Data Inn Office National waar sy naskool begin werk het. Ook hier is haar plek leeg.

Freek Nel, eienaar van Data Inn Office National en self ‘n goeie vriend van Elrien, sê sy was “die beste mens” wat hy nog ooit geken het.

“Elrien se sterfte is vir die Data Inn Office National familie ‘n diep seer. Ons gaan haar baie mis,”  sê Nel.

Elrien laat na haar man, Pieter, haar ouers, twee susters, twee broers en baie vriende.

Haar begrafnis word Donderdag om 11:00 vanuit die Geda Ministry in Uitspanrylaan gehou.

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button