Impala 157 help hawelose gesin na hul huis afbrand

Die Round Table Impala 157 se lede het gehoor van die brand en besluit om Juanita en haar gesin te help.

POLOKWANE – Nadat Review verlede week berig het oor ‘n gesin wie haweloos is nadat hulle huis in Bushstraat, Ladanna op Vrydagaand, 14 November afgebrand het, het mense se goedheid blitsig in werking getree om Juanita Haken en haar gesin te help.

Juanita en haar gesin is haweloos nadat hulle alles in dié brand verloor het.

Sy is die stigter van Polokwane Behoeftiges wat arm gesinne help met kos en klere.

Die Round Table Impala 157 se lede het gehoor van die brand en besluit om Juanita en haar gesin te help.

“Ons het onder mekaar begin goed uit ons eie huise bymekaar maak om vir Juanita en haar gesin te gee,” vertel Donovan Snyman, voorsitter van Impala 157.

Op Vrydag, 20 November het Donovan en sy vrou, Alecia, en Rita Gutche nog benodighede gaan afgee.

“Eerstens wil ek al ons vroue bedank vir wat hulle gee en spesiaal vir Rita wie so baie doen. Ons daag ook besighede uit om betrokke te raak.”

Intussen is Juanita oorstelp van vreugde oor alles waarmee hulle gehelp word.

Sy en haar gesin bly tans in ‘n ou vervalle huis in Spoorwegstraat waar die ruite gebreek is.

“‘n Mens besef nie jy mis klein goed soos ‘n naelknippertjie nie,” vertel sy met trane in haar oë.

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Exit mobile version