Voorman (41) doodgeskiet: HPG vra hulp om dié moontlike vedagte op te spoor

Piet De Kock (41) die voorman van Jaco Kriel op die plaas Doornfontein, tussen Modimolle en Vaalwater is verlede Vrydag op die plaas deur twee verdagtes doodgeskiet.

LIMPOPO – Piet De Kock (41) die voorman van Jaco Kriel op die plaas Doornfontein, tussen Modimolle en Vaalwater is verlede Vrydag op die plaas deur twee verdagtes doodgeskiet.

Volgens Lt Kolonel Malesela Ledwaba, het De Kock,  Kriel gekontak en gesê hy het twee mans op die plaas gewaar. “Dit word vermoed dat De Kock geskiet is nadat hy die verdagtes gekonfronteer het. Die rede agter die moord is steeds onduidelik en geen verdagtes is in hegtenis geneem nie. ‘n Ondersoek duur voort,” sê Ledwaba.

Die Heritage Protection Group (HPG) het Dinsdagoggend aan Bosveld gesê dat hulle warm op die spoor van ‘n moontlike verdagte is en dat hulle alles binne hulle vermoë doen om die verdagtes so spoedig moontlik vas te trek.

Die HPG vra die gemeenskap om hulle te help om Boy Jan Mangwane op te spoor, wat hulle moontlik kan help met inligting rakende die moord.

Terwyl hulle die toneel gefynkam het vir spore het hulle op Mangwane se ID-boek afgekom.

Boy Jan Mangwane word rakende die moord van Piet de Kock gesoek. Foto: Verskaf
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or TwitterVoorman (41)

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version