Tommies-koshuis sal teen einde Nov ‘n nuwe baadjie dra

Review het met Dirk Markgraaff, HTS Tom Naudé se koöperatiewe bestuurder, gesels om meer uit te vind oor die nuwe uitsig vir die koshuise.

POLOKWANE – Die Rooibok koshuis van Hoër Tegniese Skool (HTS) Tom Naudé gaan teen einde November ‘n nuwe baadjie dra sodra die skool klaar is met al die opgraderings.

Review het met Dirk Markgraaff, HTS Tom Naudé se koöperatiewe bestuurder, gesels om meer uit te vind oor die nuwe uitsig vir die koshuise

“Ons gaan behoorlik van hoek tot kant deur die koshuis. Ons gaan die vloere teël, die mure oorverf en die wasbakke in die badkamers vervang en gaan die baddens met storte vervang om water te bespaar.”

“Die eerste koshuis aan die beurt is die Rooibok koshuis waar die seuns bly. Ons het ook ‘n nuwe bestuurskorps aangestel om orde en dissipline te handhaaf by die koshuise. Ons wil graag ‘n huislike atmosfeer by die koshuise skep. Daar is tans nog baie plek in die koshuis en families wie in die stad bly maar wie se kinders ‘n besige skoolprogram het, se kinders kan ook by die koshuis woon.”

Die opgraderings van die koshuis tref ook nou voorsorg in die geval van beurtkrag sodat die leerders steeds kan voortgaan met hulle skoolwerk.

Alhoewel hulle reeds besig is met opgraderings word daar steeds donasies verlang.

“Ons wil graag die tuin opkikker om die estetiese waarde van die koshuis te verhoog, dan verlang ons ook arbeid. Enige donasies sal groot op prys gestel word,” sê Markgraaff.

Die skool wil ook graag ‘n industriële oond in die kombuis aanbring tydens die opgraderings. Hulle het ook die terreinveiligheid opgeknap om die leerders en ouers meer gemoedsrus te bied.

Daar is plek vir 80 seuns en 13 meisies in die koshuis en enige navrae kan aan Dirk Markgraaff gerig word by 081 341 9312 of dirk@tomnaude.co.za.

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version