Ashley verdien ekstra met sy kunswerke

Ashley Hardy was vir 'n paar maande gelede vir sowat vyf maande sonder werk, toe sy kreatiewe muse ingetree het.

POLOKWANE – Ashley Hardy was vir ‘n paar maande gelede vir sowat vyf maande sonder werk, toe sy  kreatiewe muse ingetree het.

“Ek was eendag by die huis, verveeld tot die dood toe, toe ek stukke hout sien lê. Later het ek besluit om mosaiëkkruise te maak en te verkoop,” vertel Ashley.

“Ek was nie seker of ek dit gaan regkry nie, maar het probeer.”

En dit het vir hom ‘n nuwe wêreld oopgesluit want al het hy intussen weer werk in die konstruksiebedryf gekry, maak hy steeds die kruise in sy vrye tyd om vir ekstra inkomste te verkoop.

“Ek en my verloofde, Mandy Posselt, is reeds vier jaar verloof en maak nou geld bymekaar om te trou. My kruise is gewild – ek het al van dit Pretoria toe gestuur om daar op die vlooimark te verkoop.”

Om een kruis te maak, vat Ashley sowat twee tot drie ure. Omdat hy ‘n grafiese ontweper was, het hy dikwels reeds ‘n prentjie in sy kop van die ontwerp wat hy wil maak.

“Ek kan enige ontwerp maak en selfs mense se name daarop inkorporeer. Mense kan hulle idees vir my gee en ek kan dit maak.”

Mense wie in die kruise belangstel kan Ashley skakel by 076 502 9441.

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
Exit mobile version