Local NewsNews

Hernu van wapenlisensies nie ‘n moeilike proses nie

Mari Venter by Marlen Training Academy verduidelik die proses...

POLOKWANE – Daar het onlangs gerugte die ronde gedoen dat vuurwapeneienaars nou slegs 90 dae het om hul lisensies te hernu voor dit verval, waarna die lisensie gekanseleer gaan word sou dit nie hernu word nie. Die polisie kan dan ook die geweer konfiskeer.

“Dit was nog altyd die geval,” vertel Mari Venter by Marlen Training Academy. “Die polisie gaan dit net nou strenger begin toepas.”

Volgens artikel 24(1) van die Wet op Beheer van Vuurwapens moet die lisensiehouer sy lisensie ten minste 90 dae voor hy verval reeds hernu.

“Die lisensie houer moet beide sy bevoegheidsertifikaat en lisensie hernu. Die wapens, soos handwapens en haelgewere wat nie semi-automaties is nie en vir selfverdediging gebruik word, se lisensies verval na vyf jaar, terwyl diĆ© vir sport- en jaggewere na 10 jaar verval.”

Die bevoegdheidsertifikaat verval saam met die lisensie van jou eerste wapen waarvoor jy aansoek gedoen het.

Venter vertel dat die lisensie geldig is nadat jy aansoek vir die nuwe een gedoen het.

“Mense moet ook nie net hulle wapens inhandig nie. Soms vergeet ‘n mens van jou lisensie, bring hom eerder na ons toe en ons help jou om jou lisiensie te hernu.

“Dit is nie ‘n moeilike proses nie en mense wie se lisensies reeds twee jaar terug verval het, kan steeds hulle lisensies binne vyf tot ses weke kry.”

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button