‘Klaagliedere van ds. Tienie Benade’ vertoning laat die gehoor skaterlag

Die vertoning handel oor 'n middeljarige predikant van die Moedergemeente wat hom in 'n penarie bevind nadat sy kerk leegloop.

Frank Opperman saam met die Klaagliedere van ds. Tienie Benade was op 19 Nov by N.G. Kerk-Oos, Polokwane.

Die Klaagliedere van ds. Tienie Benade is ‘n eenmanvertoning geskryf deur Dana Snyman.

Ds. Tienie word gespeel deur die bekende akteur, Frank Opperman. Dit is die sesde produksie waaraan hulle werk.

Die vertoning handel oor ‘n middeljarige predikant van die Moedergemeente wat hom in ‘n penarie bevind nadat sy kerk leegloop.

Deur die loop van die vertoning lê die gehoor soos hulle lag en toe ds. Tienie die ordeboek uithaal en eers maande se stof afblaas voor hy sy pligte kan voor lees, is daar nie keer aan die gelag nie.

Die verhaal wat hy vertel is ‘n verhaal van verdriet maar ook van hoop in ‘n tyd wanneer mense nie meer so glo aan die dominee en alles wat van die preekstoel gesê word soos jare gelede nie.

 

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Exit mobile version