Skenk jou ou klere dié Kersfees

Een van Review se lesers, het besluit om haar uitgooiklere vir 'n goeie doel te gebruik. "Buiten vir shelters hier in Polokwane is daar gesinne wat regtig hulp nodig het."

POLOKWANE – Dit is weer daardie tyd van die jaar wat kaste uitgegooi, uitgesorteer en oorgepak word. Wat te klein is, of ‘n jaar laas gedra is, word eenkant gesit en dit wat stukkend is aan die ander kant. Nou sit baie mense met die vraag: “Wat maak ek met hierdie klere?”

Een van Review se lesers, Charlene Korff het besluit om haar uitgooiklere vir ‘n goeie doel te gebruik. 

“Buiten vir shelters hier in Polokwane is daar gesinne wat regtig hulp nodig het. Vandag vra ek groot asseblief vir ou klere vir kinders en volwassenes, asook enige ou linne,” skryf Charlene op haar Facebookblad. 

“Brenda Grebe, wat liefdadigheidswerk doen, sal opvolg en seker maak dat die gesinne wat dit vra, dit nodig het en nie sal verkoop nie. Anders sal dit na haar huise vir haweloses gaan.”

Korff sê sy vra nie vir geld nie, hulle gaan vir die haweloses en die mense in nood pakkies opmaak met klere in vir Kersfees om weer ‘n glimlag op hulle gesigte sit. 

Charlene en Brenda is bereid om die klere en ander goedere te gaan optel en dan te versprei.

Vir meer inligting, kontak Charlene op 082 269 8052 of Brenda by 072 302 1180.

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Exit mobile version