Rugbyreünie: eerstespan van 1971 herroep gloriedae

Gedurende die naweek van 6 tot 8 November, 44 jaar later, het die 1971 eersterugbyspan span van Hoër Tegniese Skool (HTS) Tom Naudé hul reünie gehou.

POLOKWANE – Gedurende die naweek van 6 tot 8 November, 44 jaar later, het die 1971 eersterugbyspan span van Hoër Tegniese Skool (HTS) Tom Naudé hul reünie gehou.

Die span was die eerste rugbyspan wat die Administrateursbeker gewen het en daarmee die eerste tegniese skool wat die beker verower het. Hierdie wedstryd was ook die eerste skolerugbywedstryd wat oor die radio uitgesaai was.

Die reünie by Johannes “Slinger” Engelbrecht (destyds die eersterugbyspankaptein) se huis was vol heimwee terwyl die manne die gelukkige tye, moeilike tye en die spanmaats wie reeds oorlede is, onthou het.

“Dit was duidelik ‘n wenspan en die span was onmiddellik weer ‘n eenheid, die groepsgevoel was spontaan daar,” vertel Calie van der Walt, een van die spelers.

Die naweek was geopen met skriflesing en gebed deur pastoor Cois Marais gevolg deur ‘n DVD wat die hoogtepunte en suksesse van HTS Tom Naudé bevat het.

“Ons gee dank aan Slinger Engelbrecht en Cois Marais vir hulle pragtige boodskappe, ons dank ook ons Hemelse Vader wat ons elke oomblik behoed en bewaar het en al die pad as middelpunt ons geseën het met ryke talente, alle eer aan Hom,” sê Van der Walt.

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Exit mobile version