Local NewsNewsUpdate

Bernadine skeer hare af

"Dis 'n groot las van my skouers af. En dit is darem iets waaroor ek my nie hoef te bekommer nie."

POLOKWANE – “Dis ‘n groot las van my skouers af. En dit is darem iets waaroor ek my nie hoef te bekommer nie.”

Dié is die woorde van Bernadine du Preez nadat Jeanie Tabeliao, dié eienaar en haarstilus van Universal Hair Studio , Woensdag haar lang vlegsel afgesny het om in ‘n pruik vir haar te omskep word by Kankervereniging van Suid-Afrika (Kansa) se hoofkantoor.

“Ek begin Donderdag met chemoterapie en wil graag my hare afsny en ‘n pruik vir my laat maak,” verduidelik Bernadine.

Bernadine het ‘n paar weke gelede die hartseernuus gekry die kanker wat in Desember 2013 uitgesny is, is terug – dit het nou na haar lewer, maag, longe en nek versprei.

Bernadine het haar hare aan die Kankervereniging van Suid-Afrika (Kansa) se plaaslike kantoor geskenk.

Van hier sal dit aan Kansa se hoofkantoor gestuur word waar dit in ‘n pruik vir Bernadine omskep sal word.

Pruike vir kankerlyers is gratis

“Daar word ongeveer drie mense se hare gebruik om een pruik te maak verduidelik Sharon Stander, gemeenskapsmobiliseerder by Kansa in Polokwane.

Inwoners word daarop gewys dat mense ook hul hare aan Kansa kan skenk wie dit gebruik vir pruike wanneer kankerlyers hulle hare weens behandeling verloor.

 

Lees meer:

“Ek wil ‘n inspirasie wees, maar op die oomblik is dit moeilik”

Review bruidspaar vier steeds die lewe

Trouklokkies lui vir Gert en Bernadine

Bolivia Lodge borg Bernadine se dag

Musiek is mos ‘n liefdestaal

Alusha Art verseker ‘n bloesende bruid

‘n Trourok waarvan sy ‘net kon droom’

Goseame sorg vir Bernadine se blomme

Bernadine kry ‘n fotograaf om ‘n sprokiesdag op film te verewig

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button