Nasorgsentrum wil hul diens aan gemeenskap uitbrei

'Die buurhuis is nou in die mark en is ideaal vir ons behoeftes' - Saartjie du Toit, bestuurder van Polokwane Nasorgsentrum

POLOKWANE – Die Polokwane Nasorgsentrum is ‘n instansie wat hulle daarop toespits om inbly-versorging aan gestremde mense te bied en ook dagbesoekers te akkommodeer.

Die huis, geleë in Dorpstraat, raak egter te klein vir al die behoeftiges en dus wil Saartjie du Toit, bestuurder van die huis, graag uitbrei.

“Die huis reg langs ons is nou in die mark vir R1,5 miljoen en ideaal vir ons behoeftes. In daardie huis kan ons tussen 12 en 14 mense huisves. Indien ons die huis kan bekom, beplan ons om een huis vir mans te maak en die ander huis vir vrouens. Die inwoners moet geskei word,” vertel Saartjie.

Die Polokwane Nasorgsentrum bestaan al vir 16 jaar, hulle help graag die inwoners wat verstandelik gestremd is, maar omdat hulle ‘n privaat instansie is ontvang hulle geen toelaes van die staat nie.

“Ons het aansoek gedoen by die lotery vir geld wat ons dan kan gebruik om die buurhuis te koop, maar ons wag nog om te hoor wat hulle besluit het. Ons het regtig die huis nodig, die behoefte is groot,” vertel Saartjie.

Exit mobile version