Local NewsNewsUpdate

“Hy was my alles, my hele bestaan” – Janine

Louis se ma, Janine, ‘n bekende landdros in Polokwane, het met Review gepraat oor haar dapper seun.

POLOKWANE – Louis Ungerer (13) het vroeg Sondagoggend sy verbete stryd teen bloedkanker verloor…

Louis se ma, Janine, ‘n bekende landdros in Polokwane, het met Review gepraat oor haar dapper seun, sy moedige kankerstryd en wat hy vir haar beteken het.

“Hy was my alles – hy was die engeltjie wat my kom red het. God het gesien hy ly erg en het hom in sy arms opgetel en gesê ‘nie my engeltjie nie, ek gaan hom dit spaar’. God het hom toe gevat,” vertel Janine tussendeur haar trane.

In Louis se slaapkamer is niks verander nie. Al die katte sit op sy bed en wag vir hom. “Hulle mis hom soos ek hom mis,” vertel Janine terwyl sy sag aan haar enigste kind se goedjies raak. “Hy was my alles, my hele bestaan en ek weet nie nou wat ek gaan doen nie.”

Janine het bietjie meer vertel oor haar seun se laaste dae

Volgens haar was Louis Woensdag ‘n week gelede nog vol grappies. Hy het toe nog saam met hulle familievriend, Andries Rheeder, vir haar iets spesiaal vir haar komende verjaardag beplan.

Hy het egter snags begin om in sy slaap te praat en ek het die dokter geskakel maar is verseker dit is nie vreemd nie.

Vroeg Donderdagoggend het ek egter vir Andries gaan roep want ek het geweet my kind het hulp nodig toe hy baie deurmekaar begin praat en glad nie sin gemaak het nie,” sê Janine.

Ure later het sy by haar seun se bed gesit en is sy meegedeel dat Louis breindood is. “Ek het sy kop vol soene gemaak en buite gaan huil. Toe ek terug kom was sy kop skoongemaak en het ek hom weer vol soene gemaak – seker agt keer.

“Ek het met hom bly praat en vir hom gesê hy kan maar laat gaan want hy het hard baklei – hy wou my nie alleen los nie. Sy dokters het by sy bed kom staan, hom vasgehou en gesmeek dat hy hulle moes vergewe dat hulle hom gefaal het. Hulle het nie – sy liggaam kon net nie meer nie,” verduidelik Janine.

Sy vertel Louis het altyd gesê sy kanker kom nie van God af nie maar van Satan. God het hom nooit gelos nie en Louis het self gesê: “Hy hou my vas”.

Paws for People

Janine wil graag mense en kinders help wie ook die kankergeveg moet stry, maar weet sy moet eers sterker word. By Louis se begrafnis wou hy graag Paws for People teenwoordig hê.

Honde het bygedra tot van sy gelukkigste dae in die laaste tyd. Sy honde was so lief vir hom dat hulle nie wou loop nie.

Hulle het net by hom bly lê. Selfs hulle het geweet hoe spesiaal hy is,” vertel sy trotse ma.

 

‘n Gedenkdiens vir Louis word op Vrydag, 6 November by die N.G. Kerk Moedergemeente op die hoek van Biccard- en Thabo Mbekistraat gehou.

Dit sal om 10:00 begin en daar word gevra dat Louis se wens gerespekteer word en plaas van blomme en kranse eerder skenkings gemaak sal word aan Paws for People wie se verteenwoordigers ook teenwoordig gaan wees.

 

(LUISTER) Louis was ‘n inspirasie – Matfield

 

Lees meer:

Louis Ungerer se laaste wens

Louis verbeter elke dag

Die hart van ‘n regte vegter

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button