Local NewsNews

Marlize Westraadt: ‘n vlytige sieraad vir 38 jare

Marlize Westraadt, wie vir die afgelope 38 jaar 'n handwerkonderwyser by Nuwe Horison Skool vir verstandelike gestremde kinders in die stad was, het onlangs afgetree.

POLOKWANE – Marlize Westraadt, wie vir die afgelope 38 jaar ‘n handwerkonderwyser by Nuwe Horison Skool vir verstandelike gestremde kinders in die stad was, het onlangs afgetree.

Dié onnie het al begin klas gee by die skool toe dit nog ‘n kleinbestaan as ‘n sentrum in die 1970’s gevoer het.

Westraadt is oorspronklik ‘n Kapenaar van Montagu se wêreld wie haar onderwystande by ‘n skool in die myndorpie Sishen geslyp het. Dis waar sy ook haar destyde man, Claude, ontmoet het. Hulle het aan die begin van 1977 na Polokwane verhuis.

“Ek onthou ons het in Januarie daardie jaar hierheen verhuis. Ek het eers in Augustus begin werk nadat ek die pos in die Review gesien en aansoek gedoen het. Nou 38 jaar later, tree ek af, hoewel ek steeds op bystand is indien hulle iemand sou benodig soos tans die geval is,” sê Westraadt.

“Wat ek sal onthou in my jare as onderwyser hier is my ervaring dat hierdie kinders besonder liefdevol is en daarom is dit ‘n plesier om aan hulle onderrig te bied. ek meen dis makliker om vir hierdie kinders skool te gee as vir dié in ‘n gewone skool – hulle is minder veeleisend. Dis wel ‘n uitdaging om hulle te leer.”

Westraadt onthou Nuwe Horison se begindae toe die sentrum ‘n lekkende dak gehad het waaronder die verstandelike gestremde kinders onderrig moes word. Sy sê dit was nogal ‘n aanpassing om van ‘n sentrum na ‘n skool toe om te skakel – die sentrum was lekker huislik.

“My pos as handwerkonderwyser behels om by die kinders handvaardighede te kweek. Dit gaan gepaard met ‘n goeie dosis geduld om hulle belangstelling by ‘n les te hou. Soos ek genoem het, is hulle liedfevolle kinders, sos geen uitdaging ‘n regtig te groot om sulke kinders te onderrig nie,” voeg Westraadt by.

Noudat sy afgetree is en meer tyd op hande het, wil sy graag tyd spandeer om te reis en plekke te besoek. Na 38 jaar se getroue diens verdien sy om haarself te bederf, meen Westraadt.

“Toe ek voltyds gewerk het, het ek omtrent elke skoolvakansie my familie op Montagu besoek. Noudat ek afgetree is, kan ek gaan kuier net wanneer ek wil. Dan wil ek ook graag vir my een dogter, Claudia wie tans in Nieu-Seeland bly gaan kuier. En ook vir my ander dogter, Una, wie in Pretoria woon. Ek ken nie regtig die Vrystaat nie en hoor die Golden Gate-area is ‘n baie mooi toeriste aantreklikheid, so ek sal baie graag dit wil gaan besoek.”

Voor Review groet, noem Westraadt sy wil ook graag elke personneellid by Nuwe Horison Skool bedank vir hulle ondersteuning asook vir die afskeidsgeleentheid vir haar wat ‘n aangename verrassing was.

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

Related Articles

Back to top button