Local NewsNews

Rooivleis is steeds gewild

Volgens IARC se navorsingsbevindinge, kan verwerkte- en rooivleis dalk kanker veroorsaak. Review het met plaaslike inwoners gesels om hulle mening oor dié bevindings te toets.

POLOKWANE – In ‘n land waar vleis en biltong koning kraai was die onlangse nuus dat verwerkte- en rooivleis dalk kanker kan veroorsaak ‘n warm besprekingspunt by menigte tafel.

Dit kom nadat die Wêreld-gesondheidsorganisasie (WGO) se Internasionale Agentskap vir Kankernavorsing (IARC) se navorsingsbevindinge hieroor onlangs bekendgemaak is.

Daarvolgens is meer as 800 studies gedoen oor die verband tussen vleis en kanker, waartydens rooivleis en verwerkte vleis onder dieselfde groep as alkohol, tabakrook en asbes ontleed is.

Daar is bevind rooivleis en verwerkte vleis het 21% van dermkankergevalle veroorsaak. Dit was wanneer die chemikalieë in roovlies, bekend as hematien, in die dermkanaal afbreek tot N-nitroso verbindings wat die selle in die dermwand beskadig.

Review het met plaaslike inwoners gesels om hulle mening oor dié bevindings te toets en dis duidelik dat die nuus nie lekker afgaan onder hulle nie.

Vincent Wienand.
Vincent Wienand.

Vincent Wienand koop egter glad nie die nuutste bevindinge aangesien hy meen soveel mense eet al so lank rooivleis en het nog niks oorgekom nie.

Gideon Mathosa.
Gideon Mathosa.

Gideon Mathosa stem siende dat hy self al vir 30 jaar rooivleis eet en nog niks oorgekom het nie.

Alva Steyn, wie 20 jaar verantwoordelik was vir Capricorn College for FET se koshuiskos, sê die volgende: “Ek weet daar is mense wie sê beesvleis gee hulle hoë bloeddruk, maar ek het nog nooit gehoor van rooivleis wat jou kanker kan gee nie.

“Ek het grootgeword met rooivleis en ek is nog heel gesond,” vertel sy.

Sy meen egter verwerkte vleis kan dalk kanker veroorsaak aangesien dit baie chemikalieë bevat.

Sterma van Wyk.
Sterma van Wyk.

Sterma van Wyk sê die bevindinge kan nie regtig bewys word nie en sy kan dit dus nie glo nie. Sy eet self al haar hele lewe lank rooivleis en is nie van plan om nou op te hou nie.

“As dit ‘n feit is, is dit een saak, maar as hulle dit nie kan bewys nie sal ek aanhou rooivleis eet.

“Ek glo nie dat die vleis self kanker kan veroorsaak nie, want mense eet rooivleis vir baie jare, maar die chemikalieë wat in die rooivleis gesit word kan dalk skadelik wees,” meen Werner Swanepoel.

Eddie Mathosa.
Eddie Mathosa.

Eddie Mathosa eet glad nie vleis nie en glo wel rooivleis kan ‘n mens siek maak, maar voeg by hy ken baie mense wie rooivleis eet en nog heel gesond is.

“Ek glo nie die bevindinge nie – die boere het baie oud geword in die verlede en hulle het amper net op rooivleis oorleef, so ek sluk swaar daaraan,” vertel Charlene Crause.

Leandra Pretorius is ook vasbeslote om in die toekoms rooivleis en biltong te geniet.

Die IARC het wel later bygevoeg rooivleis en verwerkte vleis kan as deel van ‘n gebalanseerde dieet nie kanker veroorsaak nie, en alhoewel dit in dieselfde groep as tabakrook val, dit waarskynlik nie so gevaarlik as rook is nie.

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

Related Articles

Back to top button