Local NewsNews

Finaliste gekies vir Mev. Polokwane 2016

Nadat inskrywings vir die Mev. Polokwane-kompetisie ingestroom het, is die top 11 finaliste op Woensdag, 28 Oktober gekies.

POLOKWANE – Nadat inskrywings vir die Mev. Polokwane-kompetisie ingestroom het, is die top 11 finaliste op Woensdag, 28 Oktober gekies.

Die finaliste asook ontwerpers was almal by die geleentheid waar die finaliste aangewys is.

Die ontwerpers wie gaan sorg dat die finaliste asemrowend geklee word, is Amanda Goosen, Nico Willoughby-Smith, Suronah Bridal Boutique, Pebetse Fashion Designer en Erika Mengouchi Haute Coutere.

“Die tellings van die finaliste was te naby om net 10 finaliste te kies, so toe maak ons dit maar 11 finaliste,” vertel die huidige Mev. Polokwane, Loudine Redelinghuys.

Al die skone vroue is opgewonde om deel te wees van vanjaar se kompetisie waartydens ook oudergewoonte vir liefdadigheid gewoeker sal word en sien uit na die eerste geldinsamelingsgeleentheid wat op Vrydag, 6 November van 14:00 by Bodylife in Magazynstraat gehou word.

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

Related Articles

Back to top button