Local NewsNews

Nuwe SAVLU president uit Limpopo

Tharina Rossel van Lephalale is die week verkies tot president van die Suid-Afrikaanse Vroue Landbou Unie (SAVLU).

LIMPOPO – Tharina Rossel van Lephalale is die week verkies tot president van die Suid-Afrikaanse Vroue Landbou Unie (SAVLU).

SAVLU het hul drie-jaarlikse kongres naby Bloemfontein gehou en Tharina het as oorwinnaar uit die leierskapverkiesing getree. Sy was tot verlede jaar president van VLU Noord asook vise-president van die SAVLU.

“Die VLU het 80 gelede ontstaan om te voldoen aan die behoeftes van Suid-Afrikaanse vroue in moeilike omstandighede. Die organisasie kan en moet nou weer ‘n belangrike rol vervul in hierdie tye waar die ekonomie druk, omgewingskwessies kwel en die moderne vrou soveel uitdagings in die gesig staar,” se Tharina. Sy dien die organisasie met entoesiasme en toegewydheid en het Limpopo reeds drie maal in die buiteland verteenwoordig by internasionale kongresse van die Wêreldbond vir Plattelandse vroue (WBPV). “Dis vir my baie betekenisvol dat die WBPV se tema vir volgende jaar juis is “Working together for a better future!” Dit is beslis ook ons doel by die VLU.”

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

Related Articles

Back to top button