Bosveld NewsLocal NewsNews

HPG bied nuwe hoop teen stygende misdaadsyfer

Die Heritage Protection Group (HPG) is 'n nie-winsgewende organisasie wat hulle toespits om ernstige geweldsmisdade in die Waterberg te bekamp en te verseker dat kriminele gevang en gevonnis word.

LIMPOPO – Die Heritage Protection Group (HPG) is ‘n nie-winsgewende organisasie wat hulle toespits om ernstige geweldsmisdade in die Waterberg te bekamp en te verseker dat kriminele gevang en gevonnis word.

Onder leiding van Sakkie Louwrens, wie meer as 20 jaar se ondervinding in die polisie het, is Ben Engelbrecht, Tony van Niekerk, Steven Vermaak en Chris Human aan die stuur van hierdie unieke en noodsaaklike inisiatief.

“Geweld in Suid-Afrika en veral in die Limpopo het die afgelope paar jaar heeltemal hand uitgeruk.

“Plaasaanvalle, kapings, moord en roof is nou daaglikse gebeurtenisse. HPG se doel is om die reaksietyd na ‘n ernstige geweldsmisdaad soveel moontlik te verkort om te versker alle spore en ander bewyse bly behoue wat tot die arrestasie van die kriminele kan lei,” lees ‘n mediaverklaring van die HPG.

Die bestuur se jarelange ervaring in die speurdiens en misdaadondersoeke maak van hulle ‘n gedugte span en saam glo hulle dat elke individu en die gemeenskap die reg tot veiligheid het, nié net van misdaad self nie, maar ook van die vrees daarvoor.

HPG het reeds samewerkingsooreen-komste met die SAPD gesluit, asook met alle ander gemeenskapsbeveiligingsforums om seker te maak almal werk saam na die groter doel. “Al die lede van HPG se span is reserviste en is daar om te help om die gemeenskap in die streek te beveilig.”

Tans is die Waterbergstreek die HPG se fokusarea, maar dit is deel van hulle toekomsplanne om later die inisiatief na die ander provinsies uit te brei.

“Buiten die ernstige geweldsmisdade het die HPG ook ‘n sterk fokus op ons omgewing en spesifiek op die renosterstropery wat die afgelope paar jaar die renosterbevolking amper uitgeroei het.

“Die span is op die grond en maak gebruik van die nuutste tegnologie asook ander infrastrukture soos splinternuwe voertuie, twee helikopters en ‘n volle toegeruste JOC wat op misdaadtonele gebruik kan word.”

Hierdie inisiatief kan ongelukkig nie bestaan sonder die ondersteuning en samewerking van die gemeenskappe en individue nie.

Die HPG nooi dus Bosveld se lesers uit om deel te vorm van dié organisasie.

Vir meer inligting kontak Elmari Silvestri by 082 253 2381 of stuur ‘n e-pos na elmari@breakaway.co.za.

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

Related Articles

Back to top button