BusinessNews

4×4-pret vir beenmurgfonds groot sukses

Tientalle 4×4-entoesiaste het die naweek op Munnik bymekaar gekom om nie net ‘n uitdagende roete aan te durf nie, maar ook om hul deel vir die Sunflower Beenmurgfonds te doen. BB Suzuki Polo­kwane se Sunflower 4×4 Sunflower Beenmurgfonds-byeenkoms het vir groot opwinding onder Limpopo se 4×4-eienaars gesorg. “Hul voertuie se vermoëns en hul eie vernuf …

Tientalle 4×4-entoesiaste het die naweek op Munnik bymekaar gekom om nie net ‘n uitdagende roete aan te durf nie, maar ook om hul deel vir die Sunflower Beenmurgfonds te doen.
BB Suzuki Polo­kwane se Sunflower 4×4 Sunflower Beenmurgfonds-byeenkoms het vir groot opwinding onder Limpopo se 4×4-eienaars gesorg.
“Hul voertuie se vermoëns en hul eie vernuf is deeglik op die roete getoets wat uit verskeie uitdagings bestaan het.
“Deelne­mers het gretig die klipkoppie en moddergat aangedurf, maar sommiges moes die hulp van ‘n trekker inroep om uit die modder be­vry te word,” sê organiseerder, Yvet Westcott.
Sy sê dit is ‘n voorreg om ‘n pretvolle geleentheid ten bate van die Sunflower Beenmurgfonds aan te bied. “Ek wil al die borge bedank wat die dag moontlik gemaak het. Ook diegene wat hul trekkers beskikbaar gestel het om die manne uit hul penaries te red.”
Sy het ook deelnemers vir hul ondersteuning bedank sowel as die goeie gees waarin hulle deelgeneem het. “Dit was nie ‘n kompetisie nie, maar ‘n pretrit en die borge het hul gunstelinge gekies,” sê sy oor die wenners.
Westcott het 4×4-belangstellendes genooi om haar by 083 291 5167 te kontak as hulle graag hul vernuf in die BB Suzuki Polokwane se 4×4 Suzuki Jimny wil toets.

RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Dié klipkoppie het vele deelnemers twee keer laat dink voordat dit aangedurf is.
Dié klipkoppie het vele deelnemers twee keer laat dink voordat dit aangedurf is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button