NewsSchools

Tegniese skool bied nou selfs meer geleenthede

Met die nuwe NVV Kurrikulum wat in 2016 by Hoër Tegniese Skool (HTS) Tom Naudé in aanvang is, is die tegnologievakke gekombineerd en is verminder van agt tegniese en tegnika vakke, na drie tegnologievakke.

POLOKWANE – Met die nuwe NVV Kurrikulum wat in 2016 by Hoër Tegniese Skool (HTS) Tom Naudé in aanvang is, is die tegnologievakke gekombineerd en is verminder van agt tegniese en tegnika vakke, na drie tegnologievakke.

“Ons skool speel ‘n leidende rol om die vakke te probeer terugbring omdat ons glo dat hierdie oorlaaide sillabus nie die skool se einddoel komplementeer nie. In 2007 is ‘n opname deur Solidariteit gemaak waarin bevind is dat daar 100 000 tegnies-georiënteerde beroepsgeleenthede vakant is. Vir hierdie rede is dit baie belangrik dat leerders opgelei word in tegniese skole en dat hulle die internasionale taal van ingenieursgrafika en -ontwerp bemeester, asook dat hulle in een van die volgende tegnologierigtings opgelei word naamlik elektriese-, meganiese- of siviele tegnologie,” sê Piet Holtzhausen, waarnemende hoof van HTS Tom Naudé.

Siviele tegnologie fokus op die konsep en bou van bou-omgewing en op die tegnologiese proses.

Loopbaangeleenthede sluit in argitektuur, bou-inspeksie en siviele ingenieurswese.

Elektriese tegnologie fokus op die insig en toepassing van elektriese en elektroniese beginsels. Loopbaangeleenthede sluit in elektriese tekenaar, elektriese of elektroniese tegnikus en digitale of sagtewareingenieur.

Meganiese tegnologie fokus op konsepte en beginsels in die meganiese (motor, mynbou, skeepsvaart, spoor, krag, opwekking, ens.) omgewing en op die tegnologiese prosesse.

Loopbaangeleenthede sluit in ingenieurstudies in lugvaart, lugversorging, motorvoertuie, en kragstasies.

“HTS Tom Naudé het bekwame pesoneel wat leerders kan lei in die regte tegnologiese rigting,” sluit Holtzhausen af.

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

Related Articles

Back to top button