Kathryn en studente se vernuf is ware toonvenster

Gaste kon hulself Vrydagaand in talentvolle plaaslike kunstenaars se skilderye verlustig met Kathryn van Schalkwyk Art Studio se openingsaand by Mall of the North en tegelykertyd van slegte nuus vergeet. Sowat 26 studente van Kathryn van Schalkwyk Art Studio het sedert 2011 baie hard gewerk om die uitstalling met 274 skilderye in verskeie mediums moontlik …

Willie van der Merwe se lewensgetroue skilderye in verskeie mediums het aandag getrek. ‘n Vriendin van hom het ‘n foto van dié Siberiese tier in ‘n Hollandse dieretuin vir hom gestuur wat hy op doek verewig het.
Willie van der Merwe se lewensgetroue skilderye in verskeie mediums het aandag getrek. ‘n Vriendin van hom het ‘n foto van dié Siberiese tier in ‘n Hollandse dieretuin vir hom gestuur wat hy op doek verewig het.

Gaste kon hulself Vrydagaand in talentvolle plaaslike kunstenaars se skilderye verlustig met Kathryn van Schalkwyk Art Studio se openingsaand by Mall of the North en tegelykertyd van slegte nuus vergeet.
Sowat 26 studente van Kathryn van Schalkwyk Art Studio het sedert 2011 baie hard gewerk om die uitstalling met 274 skilderye in verskeie mediums moontlik te maak.
Om te verseker dat die standaard hoog is, het Van Schalkwyk elke werk van elke student op uitstalling gekeur waarna sy aanbevelings gemaak het en die skildery, met veranderinge, heroorweeg is.
Wat die uitstalling spesialer maak, is dat Kathryn se ma, Brunie Hunt, haar jongste dogter, Kylah en haar man, Hill by haar kuns-klasse neem en skilderye op uitstalling het.
“Dankie aan elke kunstenaar wat hard gewerk het om vanaand spesiaal te maak,” het Van Schalkwyk gesê en ook hul gesinne uitgesonder wat tuis moes help en die laaste tyd minder van hul geliefdes gesien het.
Die borge en die bestuur van Mall of the North wat die uitstalruimte beskikbaar gestel het, is van harte bedank.
Dit is die studio se vierde uitstalling in Polokwane. Kathryn het voorheen kunsklasse in Pretoria, Bloemfontein, Nelspruit en George aangebied en is in 2004 deur die Waterverf-vereniging van Suid-Afrika (WSSA) met die eerste Hoër Assosiaatskapstoekenning vereer.
Die uitstalling vind tot 31 Oktober in die voormalige Dion Wired-winkel langs Factorie by Mall of the North tydens die volgende tye plaas: Weeksdae van 09:00 tot 19:00, Saterdae van 09:00 tot 19:00 en Sondag van 11:30 tot 15:00 plaas.

Storie: ELNA ESTERHUYSEN
>>observer.elna@gmail.com

Hooffoto: Marié le Roux neem sedert 2006 klas by Kathryn en Eunice Knoetze (regs) die afgelope 12 jaar.

Lizette du Plessis (Kruger) het 26 werke op uitstalling.
Die keurige eetgoed wat deur van die kunstenaars voorsien is met skilderye in die agtergrond.
Kylah van Schalkwyk, Kathryn en Hill se dogter by ‘n akrielwerk van ‘n appel.
Kathryn van Schalkwyk, eienaar van Kathryn van Schalkwyk Art Studio by een van haar kunswerke.
Kathryn van Schalkwyk (regs) se gesinslede. Links is haar oudste dogter, Cheri Horn, haar man, Hill, dogter Kylah en haar ouers, Peter en Bruni Hunt.
Van die kunstenaars tydens Vrydagaand se opening van Kathryn van Schalkwyk Art Studio se kunsuitstalling by Mall of the North.
Kathryn van Schalkwyk en haaar dogter, Cheri Horn (regs) by die portretstudie van Cherie wat Kathryn geskilder het.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version