Local NewsNews

Almal hanteer kanker anders, sê Sanet

Oktober is Borskanker Bewusmakingsmaand, en ook die maand waarin Sanet van Wyk (43) uitgevind het sy het borskanker.

POLOKWANE – Oktober is Borskanker Bewusmakingsmaand, en ook die maand waarin Sanet van Wyk (43) uitgevind het sy het borskanker.

“Ek het reeds van 27-jarige ouderdom artritis en my dokter het aanbeveel ek moet op die ouderdom van 40 jaar vir ‘n mammogram gaan. Dit was twee jaar gelede en alles was toe reg.

Sy was verlede jaar, Oktober,  vir ses dae in die hospitaal met enkefalitis toe sy die knoppie in haar bors gevoel het.

“Al my kliere het opgeswel en ek het eers gedink dis ook net ‘n klier, maar later vir my man, Tjaart, gesê ek dink dis dalk kanker.”

Sy het die volgende week weer vir ‘n mammogram-ondersoek gegaan en ‘n biopsie is ook gedoen.

“Die vyf dae wat ons vir die uitslae moes was, het soos ‘n ewigheid gevoel. Ek onthou ek het die dag in Louis Trichardt gewerk en net uit die dorp gery toe die dokter my geskakel het om te bevestig dis kanker.”

Sy het graad 2 borskanker gehad en die gewas was 1,8 mm groot. Die dokters het ook vir my gesê dit is hormonale kanker. Ek moes ‘n paneel van dokters gaan sien en hulle het toe saam besluit hoe ek behandel moes word.”

Omdat haar borskankergewas kleiner as 2 mm was, het Sanet net bestraling gekry en nie chemoterapie nie. Haar bors is ook gedeeltelik verwyder. Sy het begin Oktober vanjaar haar laaste bestraling gekry, maar moet vir die volgende vyf jaar elke drie maande vir ‘n hormooninplanting gaan.

“Ek is ‘n mediese verteenwoordiger. Ek weet van borskanker en sien almal dra pienk strikkies – tog besef jy eers die werklikheid daarvan as dit voor jou eie deur is. Elkeen se kanker is ‘n persoonlike saak en almal hanteer dit anders. Dit is ‘n pad wat jy moet stap.”

Sanet vertel dat sy deesdae anders na alles kyk en die lewe anders sien. En dit wat voorheen vir haar belangrik was is nie nou meer nie. Sy vat dit ook een dag op ‘n slag en dink nie aan wat oor ‘n maand of jaar kan gebeur nie.

“Ek voel nou meer vrou as voorheen. Dit was aan die begin baie erg vir my man, maar tog is ons huwelik nou sterker. Dit is nie ‘n maklike pad nie, maar ek bly positief.”

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

Related Articles

Back to top button